Belangrik: Roetebeplanning vir 'n spesifieke voertuigtipe is slegs moontlik wanneer 'n vragmotorkaart geïnstalleer is. Indien 'n vragmotorkaart nie geïnstalleer is nie, word 'n motorroete in die plek daarvan beplan.
My voertuig stel jou in staat om te kies watter tipe voertuig jy bestuur sodat die roete wat deur jou toestel beplan word, geskik is vir jou voertuig.
Elke voertuigtipe het verstelbare instellings vir afmetings, gewig en maksimum spoed. Roetes wat deur jou toestel beplan word, vermy beperkings vir die voertuigtipe en neem die voertuig se spesifieke instellings in ag. In die lys hierna kan jy 'n paar voorbeelde van roetebeperkings sien:
Belangrik: Jy moet op alle verkeerstekens let, veral dié wat op jou voertuig se afmetings en gewig betrekking het. Ons kan nie waarborg dat jy hulle nooit op jou roete sal teëkom nie, en om sulke beperkings te ignoreer, kan gevaarlik en onwettig wees.