My voertuig

Belangrik: Roetebeplanning vir 'n spesifieke voertuigtipe is slegs moontlik wanneer 'n vragmotorkaart geïnstalleer is. Indien 'n vragmotorkaart nie geïnstalleer is nie, word 'n motorroete in die plek daarvan beplan.

Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan My voertuig.

Op hierdie skerm kan jy jou voertuigtipe en sy afmetings instel.

Roetes wat deur jou toestel beplan word, vermy beperkings vir die voertuigtipe en neem die voertuig se spesifikasies in ag.