Aanmelding by MyDrive

Jy moet by MyDrive aanmeld om jou TomTom-rekening te sinchroniseer. Wanneer jy vanaf jou navigasietoestel, 'n webblaaier of die MyDrive-app by jou rekening aanmeld, vind sinchronisering met jou TomTom-rekening outomaties plaas.

Wenk: Wanneer jy aanmeld om MyDrive te gebruik, is jy ook aangemeld om Bywerkings en nuwe items te gebruik.

Aanmelding by MyDrive op jou VIA

  1. In die Hoofkieslys, kies Instellings.
  2. Kies MyDrive.
  3. Tik die e-posadres en wagwoord in wat jy vir jou TomTom-rekening gebruik.
  4. Kies Meld aan.

    Jou VIA verbind met jou TomTom-rekening.

  5. Gaan terug na die kaartaansig.

    Jou VIA stoor jou persoonlike navigasie-inligting outomaties na jou TomTom-rekening.

    Wenk: Jy sal ook gevra word om aan te meld wanneer jy jou toestel die eerste keer begin, en wanneer jy gebruik maak van Bywerkings en nuwe items.

Aanmelding by MyDrive via 'n webblaaier of die MyDrive-app

Meld aan deur die e-posadres en wagwoord vir jou TomTom-rekening te gebruik. Wanneer jy aangemeld is, kan jy jou persoonlike navigasie-inligting vanaf jou navigasietoestelle sien, en jy kan bestemmings kies en plekke skep om met jou navigasietoestelle te sinchroniseer.