Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.
Op hierdie skerm kan jy hierdie instellings verander:
Kies Aansig om jou toestel se voorkoms te verander.
Kies Roetebalk om die inligting wat jy in die roetebalk sien, te verander.
Kies Leidingaansig om die inligting wat jy in die leidingaansig sien, te verander.
Kies Outo-zoem om te verander hoe 'n kruising beskou word namate jy dit nader.
Kies Wys PVB-lyste op kaart om te kies watter PVB-lyste op die kaart gewys moet word.
Let wel: Wys PVB-lyste op kaart werk nie vir alle TomTom-navigasietoestelle of apps nie.
Outomatiese verwisseling tussen aansigte is by verstek aangeskakel. Dit beteken, byvoorbeeld, dat jou VIA die kaartaansig wys wanneer 'n alternatiewe roete voorgestel word en tegelyk ook 'n hele stel ander omstandighede vertoon. Ook, byvoorbeeld, dat jou VIA die leidingaansig wys wanneer jy wegtrek en begin om spoed op te tel. Kies hierdie instelling as jy outomatiese verwisseling tussen leidingaansig en kaartaansig wil afskakel.
Kies Voorskou van snelwegafritte om jou aansig van snelwegafritte of aansluitings op jou roete te verander.