Om boodskappe af te skakel

As jy nie in kennis gestel wil word dat jy boodskappe ontvang het nie, kan jy een van die volgende twee metodes volg:

Skakel boodskappe in huidige sessie af

Hierdie metode skakel boodskappe vir die duur van jou huidige sessie af.

  1. Kies die kitsinstellingsknoppie regs onder op die skerm.

  2. Kies die boodskapknoppie.

    Jy sien die boodskap Kennisgewing van boodskappe AFGESKAKEL vir hierdie sessie.

    Boodskappe word vir die duur van die sessie afgeskakel. Wanneer jy jou toestel afskakel of wanneer dit na onaktiewe modus oorgaan, word boodskapkennisgewings teruggestel sodat dit weer inskop wanneer jy met jou volgende sessie begin.

    Jy kan ook te eniger tyd op die boodskapknoppie gaan klik om boodskapkennisgewings aan te skakel:

Skakel boodskappe permanent af

Hierdie metode skakel boodskappe permanent af totdat jy hulle weer via Instellings aanskakel.

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Bluetooth.

    As een van jou fone gekoppel is, sien jy die Bluetooth-instellingskerm.

  3. Kies die naam van jou foon.
  4. Skuif die knoppie om Slimfoonboodskappe aan of af te skakel.