Jou TomTom Rider kan jou wys hoe ver jy gery het, hoe lank jy reeds ry, en ook teen watter spoed.
Om ritstatistiek te sien, kies Ritstatistiek in die Hoofkieslys.
Kies een van die drie oortjies om statistiek oor vandag se ritte, jou huidige rit en vir alle tye te sien.
Wenk: Alle tye is statistiek wat versamel is sedert die toestel aangekoop en die eerste keer aangeskakel is.
Wenk: 'n Kolletjie word by lang afstande ingesluit; byvoorbeeld, 20047,64 kilometer word as 20.047,6 km gewys.
Statistiek vir jou huidige rit
Om statistiek te sien vir die rit wat jy tans ry, kies die "Sedert --/--/--"-oortjie.
Om 'n nuwe rit te begin, kies die "Wis rit"-knoppie; dis net soos om 'n afstandmeter in 'n motor terug te stel.
Wanneer jy jou motorfiets tot stilstand gebring het en nie die "Wis rit"-knoppie gedruk het nie, sal die statistiek eenvoudig bly toeneem wanneer jy weer aan die beweeg kom. Dit beteken jy kan binne 'n dag akkurate statistiek verkry vir ritte wat oor verskeie dae strek.
Belangrik: As jy die fabriekinstellings herlaai, laai die "alle tye"-oortjie terug na nulwaardes!