Bekyk roetebeperkings

As jou voertuigtipe as Bus of Vragmotor ingestel is, kan jy, namate jy ry, roetebeperkings in die leidingaansig bekyk, en in die kaartaansig wanneer jy 'n roete beplan. In die kaartaansig, zoem in om die beperkte paaie te sien.

Beperkte paaie word gekleur gewys. As jou beplande roete 'n beperkte pad gebruik, word die beperkte gedeelte gestippel gewys.

Belangrik: Jy moet op alle verkeerstekens let, veral dié wat op jou voertuig se afmetings en gewig betrekking het. Ons kan nie waarborg dat jy hulle nooit op jou roete sal teëkom nie, en om sulke beperkings te ignoreer, kan gevaarlik en onwettig wees.