Die liggings van spoedkameras kan dikwels verander. Nuwe kameras kan ook sonder waarskuwing hulle opwagting maak, en die liggings van ander gevare, soos ongelukpunte, kan dalk ook verander.
Wanneer met TomTom-dienste verbind, word alle bywerkings van vaste en mobiele spoedkameras se liggings intyds ontvang. Jy hoef niks te doen om bywerkings te ontvang nie - hulle word outomaties na jou navigasie-app versend.