Waarskuwings word gegee namate jy 'n spoedkamera nader. Jy word op verskeie maniere gewaarsku:
Wenk:·In·die·kaartaansig of leidingaansig kan jy 'n spoedkamera-simbool in die roetebalk kies om die tipe kamera, die maksimum spoed en ook die lengte van 'n trajekspoedmetingsarea te sien. In die kaartaansig kan jy ook 'n spoedkamera kies wat op jou roete gewys word.
Simbool wys op kaart |
Simbool wys in roetebalk |
Beskrywing |
---|---|---|
Vaste spoedkamera - hierdie tipe kamera kontroleer die spoed van verbygaande voertuie en bly altyd op dieselfde plek. |
||
Mobiele spoedkamera - hierdie tipe kamera kontroleer die spoed van verbygaande voertuie en kan na verskillende plekke verskuif word. |
||
Mobielekamera-rooikolle - hierdie tipe waarskuwing dui plekke aan waar mobiele spoedkameras dikwels gebruik word. |
||
Trajekspoedmeting - hierdie tipe kameras meet jou gemiddelde spoed tussen twee punte. Jy word aan die begin en einde van die trajekspoedmetingsarea gewaarsku. Wanneer jy in 'n trajekspoedmetingsarea bestuur, word jou gemiddelde spoed gewys, in stede van jou huidige spoed. Die aftand na die einde van die area word in die roetebalk gewys. |
||
Spoedtoepassingsones - hierdie sones kan verskeie spoedkameras bevat. Jy word aan die begin en einde van 'n spoedtoepassingsone gewaarsku. Terwyl jy in 'n spoedtoepassingsone ry, word jou huidige spoed gewys, en 'n visuele waarskuwing word in die roetebalk gewys. |
||
Verkeersligkamera - hierdie tipe kamera kontroleer vir voertuie wat die verkeersreëls by verkeersligte oortree. Daar is twee tipes verkeersligkameras- daardie wat kyk of jy deur 'n rooi verkeerslig ry en daardie wat kyk of jy deur 'n rooilig én te vinnig ry. |
||
Verkeersbeperking - hierdie tipe waarskuwings waarsku jou oor beperkte paaie. |
||
Ongelukpunt - hierdie tipe waarskuwing word gegee vir 'n plek waar padverkeersongelukke histories gekonsentreer is. Jy word aan die begin en einde van die ongelukpunt gewaarsku. Wanneer jy in 'n area bestuur waar ongelukke algemeen voorkom, word jou huidige spoed gewys, en 'n visuele waarskuwing word in die roetebalk gewys. |