Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Roetebeplanning.
Wanneer 'n vinniger roete beskikbaar is
As 'n vinniger roete gevind word terwyl jy bestuur, kan TomTom Traffic jou reis herbeplan ten einde die vinniger roete te gebruik. Kies uit die volgende opsies:
Beplan altyd hierdie tipe roete
Die tipe roetes waaruit jy kan kies, is as volg:
Vermy op elke roete
Jy kan kies om veerbote en pendeltreine vir motors, tolpaaie, saamryklubbane en grondpaaie te vermy. Stel hoe jou TomTom BRIDGE elk van hierdie vier padkenmerke moet beheer wanneer die toestel 'n roete bereken.
Saamryklubbane staan soms as hoëbesettingslane ("High-occupancy Vehicle Lanes" of HOV) bekend en word nie in alle lande aangetref nie. Om hierdie bane te gebruik, moet daar byvoorbeeld meer as een persoon in jou voertuig wees, of dit mag nodig wees dat die voertuig omgewingsvriendelike brandstof gebruik.