Kies 'n vinniger roete

As 'n vinniger roete gevind word, word jy gevra of jy die vinniger roete wil gebruik.

Wenk: Om gevra te word om 'n roete te kies, kies Vra my sodat ek kan kies in die roetebeplanningkieslys in Instellings.

As jy nie reeds die vinniger roete gekies het nie, sal die vinniger roete in groen in die leidingaansig gewys word namate jy dit nader. 'n Besluitsimbool word in die roetebalk gewys.

Om die vinniger roete te kies, neem die groen roete soos aangetoon. Jou toestel vertoon jou nuwe roete outomaties.

Om die vinniger roete te ignoreer, hou bloot aan om jou huidige roete te volg.

Om meer inligting oor die vinniger roete te kry, kies die besluitsimbool in die roetebalk. Die kaart maak oop, ingezoem op die ligging waar jy die nuwe roete geneem het.