SLEGS KITSSOEK
Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.
Om 'n roete via 'n kaartkode te beplan, doen die volgende:
Die soekskerm maak oop met die sleutelbord wat wys.
Wenk: Al die kaartkodes in die voorbeeld is vir dieselfde ligging - Edinburgh-kasteel in die VK. Sien Meer oor kaartkodes vir inligting oor hoe om 'n kaartkode vir 'n ligging te kry.
Dorpe of paaie word aan die linkerkant gewys; PVB's word aan die regterkant gewys.
Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.
Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:
'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.
Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.
Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.