Jy kan 'n roete vooruit beplan voordat jy daarlangs ry. Jy kan die roete as deel van jou lys van My roetes stoor.
Om 'n roete vooruit te beplan, doen die volgende:
'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.
Jou roete word via jou gekose beginpunt en bestemming beplan. Die beraamde reistyd word bo-aan die roetebalk gewys.
Wenk: Stilhouplekke, PVBs en Plekke kan almal via die opwipkieslyste as beginpunte gekies word.
Wenk: Jy kan die roete in My roetes stoor.
Die beginpunt van die roete word na jou eerste stilhouplek omgeskakel en daarna word die roete beplan. Begeleiding na jou bestemming begin vanaf jou huidige ligging. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.
Verander die beginpunt na jou huidige ligging
'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.
Jou roete word herbeplan met jou huidige ligging as die beginpunt. Die oorspronklike beginpunt word uit jou roete geskrap.
Verander die beginpunt na 'n stilhouplek
'n Opwipkieslys wys 'n lys van opsies.
Jou roete word herbeplan met die beginpunt wat na 'n stilhouplek verander is.