Jy kan versamelde PVB's op die Internet vind en hierdie PVB-versamelings na My plekke oplaai deur die lêers na jou toestel oor te dra. 'n PVB-versameling kan, byvoorbeeld, kampeerterreine of restaurante bevat vir die area waardeur jy reis en aan jou 'n maklike manier bied om 'n ligging te kies sonder dat jy telkens na die ligging hoef te soek.
Jou TomTom BRIDGE gebruik .OV2-lêers vir PVB-versamelings.
Om 'n .OV2-lêer op jou TomTom BRIDGE in te voer, doen die volgende:
Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel voorsien word. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.
Let wel: Jy kan nie die hegstuk gebruik om jou toestel aan jou rekenaar te koppel nie.
Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.
Jou toestel verskyn in jou rekenaar se lêerstelsel as TomTom Bridge.
Die .OV2-lêer word ingevoer en jy sien die boodskap Nuwe pleklys bygevoeg.
Wenk: As jou .OV2-lêer ook 'n geassosieerde ikoonlêer bevat, kan jy daardie lêer ook na die "Locations"-vouer kopieer. Die ikoonlêer word gebruik vir die vlagpenne wat PVB's op die kaart aandui.
Jou nuwe PVB-lys word in die Places-lys gewys.
Jou nuwe PVB-lys maak oop en wys al die PVB's in daardie lys. Kies die kaartaansig om die PVB's op die kaart te sien.