Voer "tracks" uit via die TomTom Navigasie-app

Jy kan "tracks" as GPX-lêers uitvoer en hulle op die TomTom BRIDGE stoor. Via 'n lêerverkenner-app of jou rekenaar kan jy dan die lêers met ander deel.

Belangrik: Nie alle TomTom BRIDGE het 'n lêerverkenner-app nie.

Let wel: Tans kan jy slegs "tracks" vanaf jou TomTom BRIDGE uitvoer.

Om een of meer "tracks" uit te voer, doen die volgende:

  1. In die Hoofkieslys, kies My roetes.
  2. Kies Deel "tracks".

    Wenk: So nie, wanneer jy in die kaartaansig is, kies 'n "track" en kies dan Deel "track" vanuit die opwipkieslys.

  3. Kies een of meer "tracks" uit jou lys om uit te voer.

    Wenk: Om alle "tracks" vir uitvoer te kies of te ontkies, kies die opwipkieslys-knoppie.

  4. Kies Deel.

    Jy sien die boodskappe Voer roetes uit en dan Roetes suksesvol gestoor.

    Maak die lêerverkenner-app oop of koppel jou toestel aan 'n rekenaar. Jy sal die "track"-lêers in die TomTom BRIDGE se interne bergingsgeheue onder die Roetes-vouer vind.

    Wenk: Jy kan die "track"-lêers via Bluetooth, 'n rekenaar, of 'n geheuekaart deel.