Meer oor gevaarsones en risiko-sones

Die gevaarsonediens waarsku jou oor gevaarsones en risiko-sones op jou roete wanneer jy in Frankryk is.

Sedert 3 Januarie 2012 is dit onwettig om waarskuwings oor die posisie van vaste of mobiele spoedkameras te ontvang wanneer mens in Frankryk bestuur. Om aan hierdie wysiging aan Franse wetgewing te voldoen, word die ligging van spoedkameras nie meer gerapporteer nie maar in stede hiervan word gevaarareas as gevaarsones en risiko-sones aangedui.

Belangrik :Buite Frankryk ontvang jy waarskuwings oor spoedkameras. Binne Frankryk ontvang jy waarskuwings oor gevaarsones en risiko-sones. Wanneer jy die grens oorsteek, verander die tipe waarskuwing wat jy ontvang.

'n Gevaarsone is 'n sone wat ooreenkomstig Franse wetgewing gespesifiseer word. 'n Risiko-sone is 'n tydelike gevaarsone wat deur gebruikers gerapporteer is. Die Gevaarsonediens waarsku jou oor beide gevaarsones en risiko-sones op dieselfde manier.

Gevaarsones en risiko-sones kan moontlik een of meer spoedkamera of 'n reeks ander bestuursgevare bevat:

Inligting oor die ligging van sones word voortdurend deur TomTom en ander gebruikers bygewerk en gereeld na die navigasie-app versend sodat jy altyd oor die jongste inligting beskik. Jy kan ook bydra deur die ligging van nuwe risiko-sones te rapporteer.

Die TomTom BRIDGE gebruik óf 'n permanente verbinding óf 'n slimfoonverbinding om met TomTom-dienste te verbind.

Belangrik: As jy buite die gebied is wat deur jou selfoondataplan gedek word, kan jy dalk aanspreeklik gehou word vir rondreisheffings onderwyl jy TomTom-dienste gebruik.

Let wel: Jy kan nie 'n gevaarsone of 'n risiko-sone verwyder nie.