Meer oor TomTom Traffic

TomTom Traffic is 'n unieke TomTom-diens wat intydse verkeersinligting bied. Vir meer inligting oor TomTom-dienste, gaan na tomtom.com/services.

In kombinasie met IQ Routes, help TomTom Traffic jou om die optimale roete na jou bestemming te beplan deur die heersende plaaslike verkeerstoestande en die weer in ag te neem.

Jou navigasie-app ontvang gereeld inligting oor die veranderende verkeerstoestande. As verkeersknope, swaar reën, sneeuneerslae of ander insidente op jou huidige roete bespeur word, sal jou navigasie-app voorstel dat jou roete herbeplan word in 'n poging om enige vertragings te vermy.

Belangrik: Wanneer 'n vinniger alternatiewe roete genader word, gaan jy voortaan 'n waarskuwing in die roetebalk ontvang en sal jy die alternatiewe roete in beide die leidingaansig en die kaartaansig kan sien. Om 'n vinniger roete te aanvaar, stuur bloot in die rigting van die alternatiewe roete namate jy dit nader en jou toestel sal dit kies.

Die TomTom BRIDGE gebruik óf 'n permanente verbinding óf 'n slimfoonverbinding om met TomTom-dienste te verbind.

Belangrik: As jy jou slimfoon gebruik om met TomTom-dienste te verbind buite die gebied wat deur jou selfoon se dataplan gedek word, kan jy dalk addisionele rondreiskoste op die hals haal onderwyl jy TomTom-dienste gebruik.

Let wel: Sommige TomTom-dienste is dalk nie in jou huidige ligging beskikbaar nie.