Spoedkamerawaarskuwings

Waarskuwingsklanke teen spoedkameras word in die algemeen as waarskuwing teen die mees alledaagse tipes spoedkamera gespeel. Om die manier te verander waarop jy teen spoedkameras gewaarsku word, kies Klanke en waarskuwings in die Instellings-kieslys.

Waarskuwings word gegee namate jy 'n spoedkamera nader. Jy word op verskeie maniere gewaarsku:

Simbool wys op kaart

Simbool wys in roetebalk

Beskrywing

Vaste spoedkamera - hierdie tipe kamera kontroleer die spoed van verbygaande voertuie en bly altyd op dieselfde plek.

Mobiele spoedkamera - hierdie tipe kamera kontroleer die spoed van verbygaande voertuie en kan na verskillende plekke verskuif word.

Kol waar mobiele spoedkameras al te dikwels voorkom - hierdie tipe waarskuwing dui plekke aan waar mobiele spoedkameras dikwels gebruik word.

Trajekspoedmeting - hierdie tipe kameras meet jou gemiddelde spoed tussen twee punte. Jy word aan die begin en einde van die trajekspoedmetingsarea gewaarsku.

Wanneer jy in 'n trajekspoedmetingsarea bestuur, word jou gemiddelde spoed gewys, in stede van jou huidige spoed. Die aftand na die einde van die area word in die roetebalk gewys.

Spoedtoepassingsones - hierdie sones kan verskeie spoedkameras bevat.

Jy word aan die begin en einde van 'n spoedtoepassingsone gewaarsku. Terwyl jy in spoedtoepassingsone ry, word jou huidige spoed gewys, en die visuele waarskuwing word in die roetebalk gewys.

Verkeersligkamera - hierdie tipe kamera kontroleer vir voertuie wat die verkeersreëls by verkeersligte oortree. Daar is twee tipes verkeersligkameras- daardie wat kyk of jy deur 'n rooi verkeerslig ry en daardie wat kyk of jy deur 'n rooilig én te vinnig ry.

Verkeersbeperking - hierdie tipe waarskuwings waarsku jou oor beperkte paaie.

Ongelukpunt - hierdie tipe waarskuwing word gegee vir 'n plek waar padverkeersongelukke histories gekonsentreer is.

Jy word aan die begin en einde van die ongelukpunt gewaarsku. Terwyl jy deur 'n ongelukpunt ry, word jou huidige spoed gewys. Wanneer jy in 'n ongelukpunt is, sal die visuele waarskuwing die hele tyd in die roetebalk wys.

Verkeersknope - waarskuwings teen verkeersknope word in die roetebalk gegee.