Verander hoe jy gewaarsku word

Om die manier te verander waarop die navigasie-app jou teen spoedkameras waarsku, kies die "Klanke en waarskuwings"-knoppie in die Instellings-kieslys.

Jy kan dan stel hoe jy teen die verskillende tipes kameras en gevare gewaarsku wil word. Jy kan instellings verander vir of jy gewaarsku wil word, nooit gewaarsku wil word nie of slegs gewaarsku wil word as jy te vinnig ry.

Om te verander hoe jy, byvoorbeeld, gewaarsku word wanneer jy 'n vaste spoedkamera nader, doen die volgende:

  1. Kies Klanke en waarskuwings in die Instellings-kieslys.
  2. Kies Spoedkamerawaarskuwings.
  3. Kies Vaste kameras.
  4. Kies een van die volgende waarskuwingsopsies:
  5. Kies die terug-knoppie.

    Wenk: Om alle hoorbare waarskuwings af te skakel, kies Instellings, gevolg deur Klanke en waarskuwings en skakel dan Waarskuklanke af.