Meer oor verbinding van die TomTom Bridge
Die TomTom Bridge verbind met die Internet sodat jy die geïnstalleerde apps kan gebruik en toegang tot TomTom-dienste kan verkry.
Die TomTom Bridge verbind op een van die volgende maniere:
- Met 'n permanente verbinding regstreeks vanaf die TomTom Bridge. Die toestel is altyd verbind - jy hoef niks te doen nie.
- Met 'n verbinding via jou slimfoon. Jy moet 'n persoonlike-areanetwerk skep om jou slimfoon met jou TomTom Bridge te verbind.
Let wel: Om die TomTom Bridge-sagteware by te werk, gebruik 'n WiFi-verbinding.