Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms.

Kies Roete-inligting om instellings vir die roetebalk te verander.
Die wye roetebalk word nie by verstek gewys nie. Jy kan hierdie instelling kies om die wye roetebalk in die leidingaansig aan te skakel.
Wanneer die wyer roetebalk gewys word, sien jy meer inligting oor jou roete. Jy sien, byvoorbeeld, die tyd en afstand na verkeersopeenhopings en meer.

Jy kan ook kies om enige van die volgende in die roetebalk te sien:
Kies hierdie instelling om parkeerterreine en parkering te sien.
Kies hierdie instelling om vulstasies op jou roete te sien.
Kies hierdie instelling om stilhouplekke op jou roete te sien.
Kies hierdie instelling om rus-areas op jou roete te sien.