Hierdie afdeling verduidelik hoe om die TomTom Musiek-app te gebruik.
Belangrik: Vir ander instellings en gebruiksinstruksies vir die TomTom BRIDGE, en vir instruksies oor ander apps wat op die TomTom BRIDGE geïnstalleer is, raadpleeg die toepaslike gebruikerdokumentasie.
Gebruik die musiek-app om musiek te kies en te speel wat op die toestel se interne geheue geberg is, of wat op die geheuekaart wat jy by die TomTom BRIDGE ingesteek het, gestoor is.
Afhangende van hoe die TomTom BRIDGE opgestel is, kan jy die musiek-app vanuit een van die volgende plekke op jou TomTom BRIDGE begin:
Die app vind jou musiek outomaties op die toestel of op die geheuekaart. Die snitte word in 'n lukrake volgorde gespeel. Jy kan 'n musieksnit kies deur die volgende- of vorige-knoppie te gebruik. Kies die speel-knoppie om die snit te speel.
Die album se prent word gewys indien dit beskikbaar is.
Die musieksnitte hou aan met speel selfs wanneer jy ander apps gebruik. Verstel die musiek se volume deur die volumebeheer in die stelselbalk te gebruik.