Bekyk verkeer op die kaart

Verkeersinsidente word op die kaart gewys. In gevalle waar verskeie verkeersinsidente oorvleuel, sal die insident met die hoogste prioriteit gewys word - byvoorbeeld, 'n pad wat gesluit is geniet voorrang bo padwerke of 'n baan wat gesluit is.

Wenk: Kies 'n insident op die kaart om meer volledige inligting te sien.

  1. Verkeersinsidente wat 'n impak het op die rigting waarin jy reis.

    'n Simbool of nommer by die beginpunt van die insident wys die tipe insident of die vertraging wat die insident gaan veroorsaak, byvoorbeeld 5 minute.

    Die kleur van die insident dui die spoed van die verkeer relatief tot die maksimum toegelate spoed by daardie ligging aan, met rooi wat die stadigste is. Waar van toepassing, beweeg die strepies wat 'n verkeersknoop aandui om te wys hoe vinnig die verkeer beweeg.

    Vir 'n volledige lys van die tipes insidente, sien Verkeersinsidente.

  2. Verkeersinsidente op jou roete, maar in die teenoorgestelde rigting
  3. Verkeersinsidente op paaie wat nie in jou huidige zoem-vlak bekyk kan word nie.