Jou soekresultate word in twee kolomme gewys.
Adres- en stad-raakresultate word in die linkerkolom gewys, en PVB's, tipe PVB's en Places word in die regterhandse kolom gewys. Onlangse bestemmings en gestoorde plekke word ook in jou soekresultate gewys.
Wenk: Om meer resultate te sien, versteek die sleutelbord of rol deur die lys van resultate.
Wenk: Jy kan wissel tussen om die resultate op die kaart of in 'n lys te sien deur die lys/kaart-knoppie te kies:
Wanneer jy 'n adres uit die lys soekresultate gekies het, kan jy kies om dit op die kaart te wys, 'n kruising by te voeg of om 'n roete na die geselekteerde ligging te beplan. Om 'n presiese adres te kry, kan jy die huisnommer byvoeg.
As die resultate op die kaart gewys word, kan jy die opwipkieslys gebruik om die ligging by My Plekke by te voeg. As 'n roete reeds beplan is, kan jy die ligging by jou huidige roete voeg.
Let wel: Die beste soekresultate word op die kaart gewys. Wanneer jy inzoem, word die laagste raaksesultate stelselmatig gewys.