Tipes kaartveranderings

Verskillende tipes kaartveranderings is beskikbaar.

Let wel: As jy 'n tipe kaartverandering wil rapporteer wat nie hieronder beskryf word nie, gebruik die Map Share Reporter by tomtom.com.

Vir alle kaartveranderings wat hieronder beskryf word, moet jy jou Trucker aan MyDrive Connect koppel om jou kaartveranderingsverslag aan TomTom te stuur en kaartveranderings vanaf ander TomTom-gebruikers te ontvang.

Padbeperking

Kies hierdie opsie om 'n pad te blokkeer of te onblokkeer. Jy kan die pad in een of albei rigtings blokkeer of onblokkeer deur die volgende te doen:

  1. Druk en hou om die ligging van die kaartverandering in die kaartaansig te kies.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  3. Kies Rapporteer kaartfout in die opwipkieslys.
  4. Kies Padbeperking.

    Kies die padteken op een van beide punte van die straat om dit van oop tot toe of omgekeerd te verander.

  5. Kies Rapporteer.

Straatnaam

Kies hierdie opsie om 'n verkeerde straatnaam te korrigeer.

  1. Druk en hou om die ligging van die kaartverandering in die kaartaansig te kies.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  3. Kies Rapporteer kaartfout in die opwipkieslys.
  4. Kies Straatnaam.
  5. Tik die korrekte straatnaam in.
  6. Kies Rapporteer.

Draaibeperking

Kies hierdie opsie om 'n verkeerde draaibeperking op 'n pad te rapporteer.

  1. Druk en hou om die ligging van die kaartverandering in die kaartaansig te kies.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  3. Kies Rapporteer kaartfout in die opwipkieslys.
  4. Kies Draaibeperking.
  5. As die verkeerde kruising gewys word, kies Kies ander kruising.
  6. Kies die naderingsrigting.

    Die kaart roteer sodat jou naderingsrigting onderaan die skerm gewys word.

  7. Kies die verkeerstekens een na die ander om die draaibeperkings vir elke pad by die kruising te verander.

  8. Kies Rapporteer.

Spoedgrens

Kies hierdie opsie om die spoedgrens op die kaart te korrigeer.

  1. Druk en hou om die ligging van die kaartverandering in die kaartaansig te kies.
  2. Kies die opwipkieslys-knoppie om die kieslys oop te maak.
  3. Kies Rapporteer kaartfout in die opwipkieslys.
  4. Kies Spoedgrens.
  5. Kies die korrekte spoedgrens.

    As die korrekte spoedgrens nie gewys word nie, rol links of regs deur die beskikbare spoedgrense.

  6. Kies Rapporteer.