Tyd-afhanklike spoedgrense

Sommige spoedgrense verander na gelang van hoe laat dit is. Jy mag, byvoorbeeld, merk dat die spoedgrens naby skole soggens tussen 08:00 - 09:00 en smiddae tussen 15:00 - 16:00 na 40 km/h of 25 mpu verlaag word. Sover moontlik, verander die spoedgrens wat in die spoedpaneel gewys word na hierdie veranderlike spoedgrense.

Sommige spoedgrense verander na gelang van bestuurstoestande. So, byvoorbeeld, sal die spoedgrens verlaag word wanneer daar swaar verkeer is, of as die weerstoestande swak is. Hierdie veranderlike spoedgrense word nie in die spoedpaneel gewys nie. Die spoed wat in die spoedpaneel gewys word, is die maksimum spoedgrens onder goeie bestuurstoestande.

Belangrik: Die spoedgrens wat in die spoedpaneel gewys word, is slegs 'n aanduiding. Jy moet altyd hou by die werklike spoedgrens van die pad waarop jy jou bevind en wat deur die toestande waaronder jy bestuur, voorgeskryf word.