Slimfoon- verbinde toestelle

Sommige TomTom-navigasietoestelle gebruik jou foon om met TomTom-dienste te verbind sodat jy intydse TomTom Traffic en veiligheidswaarskuwings kan ontvang. Jou foon moet met die navigasietoestel versoenbaar wees, en jy moet 'n dataplan hê wat deur 'n selfoondiensverskaffer voorsien word. Gaan na tomtom.com/connect vir nadere besonderhede.

Om TomTom-dienste te gebruik, beteken dat data deur jou foon via jou selfoondiensverskaffer versend en ontvang word.

Belangrik: Jy kan dalk addisionele koste op die hals haal wanneer jy die internet op jou foon gebruik, veral wanneer jy buite die gebied is wat deur jou dataplan gedek word. Vra jou selfoondiensverskaffer vir meer inligting.