Jy kan bepaal watter tipe voertuig jy ry en sekere instellings spesifiseer sodat die roete wat deur jou toestel beplan word, geskik sal wees vir jou voertuig. As jy jou Trucker in 'n ander tipe voertuig wil gebruik, verander bloot die voertuigtipe en die instellings.
Let wel: Sommige navigasietoestelle vra dat jy jou voertuig se profiel opstel wanneer jy die toestel die eerste keer aanskakel.
Die "My voertuig"-skerm word gewys.
Die "My voertuig"-skerm word gewys met die instellings vir die gekose voertuigtipe.
Wenk: Vir bus- en vragmotor-voertuigtipes is die afmetings, gewig en maksimum spoed vooraf ingestel. Verstel die instellings om by jou voertuig se werklike spesifikasies te pas.
Belangrik: Instellings wat op zero gestel is, word nie gebruik om beperkings te bepaal wanneer 'n roete beplan word nie.
'n Roete word beplan wat roetebeperkings vermy wat op jou voertuig van toepassing is.
Jy kan vir alle tipes voertuie 'n alternatiewe roete vind of die roetetipe verander, met inagneming van die voertuig se spesifieke instellings.