Wanneer jy via 'n webblaaier of die MyDrive-app by MyDrive aangemeld is, kan jy jou bestemming op die kaart kies en dit na jou navigasietoestel stuur. Wanneer jou navigasietoestel by jou TomTom-rekening aangemeld is, sinchroniseer jou toestel met MyDrive en ontvang die bestemming.
Wenk: Jy kan na 'n bestemming soek of jy kan die kaart skuif en 'n bestemming kies. Jy kan ook 'n bestemming uit Onlangse bestemmings in die Hoofkieslys of uit jou "My plekke"-lys kies.
Die bestemming word na jou TomTom-rekening gestuur.
Jou Trucker sinchroniseer met jou TomTom-rekening en ontvang die nuwe MyDrive-bestemming.
Die boodskap Jy het 'n nuwe bestemming bereik word gewys. 'n Roete word outomaties na die MyDrive-bestemming beplan.
Wenk: Alle MyDrive-bestemmings word in Onlangse bestemmings in die Hoofkieslys en ook in My plekke gestoor.