Jou Trucker herken heelwat meer woorde as dié wat in die lys van bevele opgegee word. Probeer dus gerus 'n paar van jou eie. Jy kan, byvoorbeeld, ander woorde met dieselfde betekenis sê. So, byvoorbeeld, kan jy die volgende woorde sê:
"OK", "Korrek" of "Reg" in stede van "Ja" as jy wil bevestig wat jy gesê het.
"Navigeer na", "Soek vir" of "Naaste" in stede van "Ry na" wanneer jy na die naaste vulstasie wil ry.
"Kanselleer" of "Skrap" in stede van "Wis" wanneer jy jou huidige roete wil uitwis.