Wanneer jy via 'n webblaaier by MyDrive aangemeld is, kan jy 'n roete met stilhouplekke skep en dit na jou navigasietoestel stuur. Wanneer jou navigasietoestel by jou TomTom-rekening aangemeld is, sinchroniseer jou toestel met MyDrive en ontvang die bestemming.
Skep 'n roete met stilhouplekke
Wenk: Jy kan na 'n bestemming soek of jy kan die kaart skuif en 'n bestemming op die kaart kies. Jy kan ook 'n bestemming uit Onlangse bestemmings in die Hoofkieslys of uit jou "My plekke"-lys kies.
Die stilhouplek word by jou roete gevoeg.
Jou roete word gekies en die opwipkieslys wys Stuur roete na toestel.
Die bestemming en die stilhouplekke word na jou TomTom-rekening gestuur.
Jou Trucker sinchroniseer met jou TomTom-rekening en ontvang die nuwe MyDrive-bestemming en die stilhouplekke.
Die boodskap Jy het 'n nuwe roete ontvang word gewys. 'n Roete word outomaties beplan na die MyDrive-bestemming en die stilhouplekke.
Wenk: Alle MyDrive-bestemmings word in Onlangse bestemmings in die Hoofkieslys en ook in My plekke gestoor.
Wenk: Jy kan die roete met stilhouplekke in My roetes stoor.
Herrangskik die stilhouplekke op 'n roete
Telkens wanneer 'n stilhouplek of bestemming verskuif word, word jou roete herbereken met die stilhouplekke in die herrangskikte orde.
Die laaste stilhouplek op die lys word jou bestemming.