Kaarte

Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Kaarte.

Verander die kaart

Kies Verander kaart om die kaart waarvan jy gebruik maak, te verander.

Jy kan kies uit kaarte wat óf in die interne geheue óf op geheuekaarte gestoor is indien jou Trucker 'n geheuekaartgleuf het.

Let wel: Alhoewel jy meer as een kaart op jou Trucker kan stoor, kan jy net een kaart op 'n keer vir beplanning en navigering gebruik.