Jy moet by MyDrive aanmeld om jou TomTom-rekening te sinchroniseer. Wanneer jy vanaf jou navigasietoestel, 'n webblaaier of die MyDrive-app by jou rekening aanmeld, vind sinchronisering met jou TomTom-rekening outomaties plaas.
Aanmelding by MyDrive op jou Trucker
Jou Trucker verbind met jou TomTom-rekening.
Jou Trucker stoor jou persoonlike navigasie-inligting outomaties na jou TomTom-rekening.
Aanmelding by MyDrive via 'n webblaaier of die MyDrive-app
Meld aan deur die e-posadres en wagwoord vir jou TomTom-rekening te gebruik. Wanneer jy aangemeld is, kan jy jou persoonlike navigasie-inligting vanaf jou navigasietoestelle sien, en jy kan bestemmings kies en plekke skep om met jou navigasietoestelle te sinchroniseer.