Kies Instellings in die Hoofkieslys en kies dan Taal en eenhede.
Op hierdie skerm kan jy die volgende instellings verander:
Jy kan jou huidig gekose taal op hierdie skerm sien. Kies hierdie instelling om die taal te verander wat gebruik word vir al die knoppies en boodskappe wat jy op jou Trucker sien.
Wanneer jy die taalinstelling verander, verander die stem outomaties en eenhede word as outomaties gestel.
Jy kan jou huidig gekose land op hierdie skerm sien. Kies hierdie instelling om die land te verander. Wanneer jy die land verander, word die tyd/datumformaat, afstandseenhede en stem outomaties verander. Die lys sluit die lande in van die kaarte wat tans op jou toestel geïnstalleer is.
Kies hierdie instelling om uit 'n lys van beskikbare sleutelborde te kies.
Jy gebruik die sleutelbord om name en adresse in te tik, byvoorbeeld wanneer jy 'n roete beplan of na die naam van 'n dorp of 'n plaaslike restaurant soek.
Kies hierdie instelling om die eenhede te kies wat op jou toestel vir funksies soos roetebeplanning gebruik word. As jy wil hê die eenhede moet deur die GPS gestel word, kies Outomaties.
Die tyd en datum word outomaties deur satelliethorlosies gestel, maar jy kan die formaat van beide die tyd en datum verander deur hierdie instellings te gebruik.