Gaan via stembeheer huis toe

Die volgende voorbeeld wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na jou huisligging te beplan:

  1. Om stembeheer te begin, sê die "word wakker"-frase in die kaartaansig of leidingaansig.

    Die stembeheer-skerm word vertoon en jou Trucker sê "Ek luister". Wanneer stembeheer gereed is om te luister, sal jy 'n mikrofoon-ikoon in die onderste linkerhoek sien en 'n toon hoor.

  2. Sê die bevel "Ry Huis toe".

    Wenk: Sê "Alle bevele" om 'n lys te sien van die bevele wat jy kan sê. So nie, kies Hulp in die Hoofkieslys en kies dan Stembeer en daarna Watter bevele kan ek sê?.

    Vir sommige opdragte herhaal jou Trucker wat jy gesê het en vra vir bevestiging.

  3. As die bevel korrek is, sê 'Ja'.

    As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy "Ek luister" gehoor het.

Jou toestel beplan 'n roete vanaf jou huidige ligging na jou huisligging.

Wenk: Om stembeheer te stop, sê "Kanselleer". Om een stap terug te gaan, sê "Terug".