Gaan via stembeheer na 'n PVB

Die volgende voorbeeld wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na 'n vulstasie te beplan:

  1. Om stembeheer te begin, sê die "word wakker"-frase in die kaartaansig of leidingaansig.

    Die stembeheer-skerm word vertoon en jou Trucker sê "Ek luister". Wanneer stembeheer gereed is om te luister, sal jy 'n mikrofoon-ikoon in die onderste linkerhoek sien en 'n toon hoor.

  2. Sê die bevel "Ry na 'n vulstasie".

    Wenk: Sê "Alle bevele" om 'n lys te sien van die bevele wat jy kan sê. So nie, kies Hulp in die Hoofkieslys en kies dan Stembeer en daarna Watter bevele kan ek sê?.

    Vir sommige bevele herhaal stembeheer wat jy gesê het en vra vir bevestiging.

    As 'n roete beplan is, word 'n lys van vulstasies langs jou roete gewys. As 'n roete nie beplan is nie, word 'n lys van vulstasies naby jou huidige ligging gewys.

  3. Sê die nommer van die vulstasie wat jy wil gebruik, byvoorbeeld "nommer drie".

    Stembeheer herhaal wat jy gesê het en vra vir bevestiging.

  4. As die bevel korrek is, sê 'Ja'.

    As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy "Ek luister" gehoor het.

Jou Trucker beplan 'n roete vanaf jou huidige ligging na die vulstasie.

Wenk: Om stembeheer te stop, sê "Kanselleer". Om een stap terug te gaan, sê "Terug".