Let wel: Wanneer jy nie 'n gesproke adres kan invoer in die land waarin jy jou tans bevind nie, word stembeheer gestaak en word die skerm vir die invoer van adresse gewys. Jy kan die adres op die normale manier via die sleutelbord intik.
Die voorbeeld wat volg, wys hoe om stembeheer te gebruik om 'n reis na 'n adres of 'n ligging te beplan:
Die stembeheer-skerm word vertoon en jou Trucker sê "Ek luister". Wanneer stembeheer gereed is om te luister, sal jy 'n mikrofoon-ikoon in die onderste linkerhoek sien en 'n toon hoor.
Wenk: Sê "Alle bevele" om 'n lys te sien van die bevele wat jy kan sê. So nie, kies Hulp in die Hoofkieslys en kies dan Stembeer en daarna Watter bevele kan ek sê?.
Vir sommige opdragte herhaal jou Trucker wat jy gesê het en vra vir bevestiging.
As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy "Ek luister" gehoor het.
Jy kan ook die naam van 'n plek of 'n middestad sê. Jou Trucker herhaal wat jy gesê het en vra vir bevestiging.
Belangrik: Sê "nommer een" of "nommer twee" en nie "een" of "twee" nie wanneer 'n item soos 'n huisnommer uit 'n lys gekies word.
As die adres of ligging verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die adres nadat jy "Ek luister" gehoor het.
Wenk:As jy die huisnommer of straat wil verander, kan jy "Verander huisnommer" of "Verander straat" sê
Jou Trucker beplan 'n roete vanaf jou huidige ligging na jou bestemming.
Wenk: Om stembeheer te stop, sê "Kanselleer". Om een stap terug te gaan, sê "Terug".
Wenk: Jou Trucker herken plekke en straatname wanneer hulle in die plaaslike taal in die plaaslike uitspraak uitgespreek word. Jy kan nie via stembeheer poskodes invoer nie.