Verander die teks- en knoppiegrootte

Jy kan die grootte verander van die teks en die knoppies wat jy op die skerm sien sodat die teks, byvoorbeeld, makliker is om te lees en die knoppies makliker is om te gebruik.

Let wel: Hierdie funksie is slegs beskikbaar op toestelle met 'n skerm van 6 duim / 15 cm of groter.

Om die grootte van die teks en die knoppies te verander, kies die Instellings-knoppie in die Hoofkieslys en kies dan Voorkoms; kies daarna Grootte van teks en knoppies. Jou toestel moet herbegin om die verandering toe te pas.