Verander 'n instelling via stembeheer

Om, byvoorbeeld, die volume te verander, doen die volgende:

  1. In die kaartaansig, sê die "word wakker"-frase om stembeheer te begin.

    Die stembeheer-skerm word vertoon en jou Trucker sê "Ek luister". Wanneer stembeheer gereed is om te luister, sal jy 'n mikrofoon-ikoon in die onderste linkerhoek sien en 'n toon hoor.

  2. Sê die bevel "Volume 50%".

    Wenk: Sê "Alle bevele" om 'n lys te sien van die bevele wat jy kan sê. So nie, kies Hulp in die Hoofkieslys en kies dan Stembeer en daarna Watter bevele kan ek sê?.

    Vir sommige opdragte herhaal jou Trucker wat jy gesê het en vra vir bevestiging.

  3. As die bevel korrek is, sê 'Ja'.

    As die bevel verkeerd is, sê "Nee" en herhaal die bevel nadat jy "Ek luister" gehoor het.

Die volume van jou Trucker verander na 50%.

Wenk: Om stembeheer te stop, sê "Kanselleer". Om een stap terug te gaan, sê "Terug".