Vermy 'n verkeersknoop op jou roete

Jy kan 'n verkeersknoop vermy wat op jou roete voorkom.

Let wel: Soms is die vinnigste roete dalk steeds die roete waarop die verkeersknoop voorkom.

Let wel: Dit mag dalk nie moontlik wees om 'n alternatiewe roete rondom die verkeersknoop te vind as só 'n roete nie bestaan nie.

Vermy 'n verkeersknoop via die roetebalk

  1. In die roetebalk, kies die verkeersknoop wat jy wil vermy.

    Die verkeersknoop word op die kaart gewys.

  2. Kies die opwipkieslys-knoppie.

  3. Kies Vermy in die opwipkieslys.

    'n Nuwe roete word gevind wat die verkeersknoop vermy.

Vermy 'n verkeersknoop via die kaart

  1. In die kaartaansig, zoem in en kies die verkeersknoop wat op jou roete voorkom.

    Die verkeersknoop word, tesame met 'n inligtingspaneel, op die kaart gewys.

  2. Kies die opwipkieslys-knoppie.

  3. Kies Vermy.

    'n Nuwe roete word gevind wat die verkeersknoop vermy.