"Jy nader 'n verkeersknoop"-waarskuwing

'n Waarskuwing word gegee wanneer jy 'n verkeersknoop nader. Jy word op verskeie maniere gewaarsku:

  • 'n Waarskuwingsimbool word in die roetebalk gewys.
  • Die roetebalk zoem in tot by die begin van die verkeersknoop.
  • Die afstand na die begin van die verkeersknoop word in die roetebalk gewys.
  • Die kleur van die pad op die roetebalk verander na oranje of rooi, afhangende van hoe ernstig die verkeersknoop is.
  • Die kleur van die roetebalk se agtergrond verander na rooi as jy te vinnig ry wanneer jy die verkeersknoop nader.
  • Jy hoor 'n waarskuwingsklank.

Om te verander hoe jy gewaarsku word, kies Klanke en waarskuwings in die Instellings-kieslys.