TomTom MyDrive is die maklikste manier om 'n bestemming in te stel, liggings en gunstelinge te deel, en jou persoonlike navigasie-inligting te stoor. MyDrive sinchroniseer jou TomTom Trucker via jou TomTom-rekening. Jy kan MyDrive in 'n webblaaier op jou rekenaar of as 'n selfoon-app op 'n slimfoon of tablet gebruik.
Belangrik: Om TomTom MyDrive te gebruik, moet jy 'n versoenbare navigasietoestel hê.
Gebruik TomTom MyDrive om die volgende te doen:
'n Bestemming op die MyDrive-kaart te vind en dit na jou Trucker te stuur. Jy kan na die bestemming ry en dit ook in My plekke en in Onlangse bestemmings in die Hoofkieslys stoor.
Beplan 'n roete met stilhouplekke op die MyDrive-kaart en stuur dit na jou Trucker.
PVB-lyslêers komende van die gemeenskap vanaf die MyDrive-kaart met jou Trucker te sinchroniseer. Die PVB-lyste word in My plekke gestoor en die liggings word op die kaart gewys.
'n PVB in MyDrive te vind en dit met jou Trucker te sinchroniseer.
Deurlopend al jou liggings in My plekke na MyDrive te stoor. Jy kan al jou "My plekke"-liggings op die MyDrive-kaart sien.
Na 'n teruglaaiing jou "My plekke"-liggings en PVB's vanuit MyDrive outomaties na jou Trucker terug te laai.