Meer oor MyDrive Connect

MyDrive is 'n lessenaargebaseerde toepassing wat jou help om jou TomTom Trucker se inhoud en dienste te bestuur . Jy kan, byvoorbeeld, MyDrive Connect gebruik om kaartbywerkings en sagtewarebywerkings te kry of om jou TomTom-rekening te bestuur.

Jy word aangeraai om jou Trucker gereeld aan MyDrive Connect te koppel om seker te maak dat jy altyd oor die mees onlangse bywerkings beskik.

Wenk: Ons beveel gebruik van 'n breëband-internetverbinding aan wanneer jy ook al jou Trucker aan MyDrive Connect koppel.

Wenk: As jy 'n versoenbare navigasietoestel het, kan jy ook TomTom MyDrive gebruik om 'n bestemming te stel, liggings en gunstelinge te deel, en jou persoonlike navigasie-inligting te stoor.