Hoe om bestemmings te voorspel

Wat behels bestemmingvoorspelling?

Jou Rider kan jou daaglikse bestuursgewoontes na gestoorde gunstelingplekke aanleer en dit kan voorstelle maak oor waarheen jy wil ry soos, byvoorbeeld, wanneer jy die toestel soggens vanaf onaktiewe modus aanskakel met die doel om na jou werkplek te ry.

Wat jou te doen staan om bestemmings te voorspel

Voordat hy dit die eerste keer kan waag om 'n bestemming voor te stel, moet jou toestel 'n tydjie gegun word om jou gewoontes aan te leer. Hoe meer gereeld jy met jou Rider ry, hoe vinniger sal hy voorstelle maak en hoe akkurater sal daardie voorgestelde bestemmings wees.

As jy wil hê dat jou toestel 'n bestemming moet voorstel, doen die volgende:

Hoe om bestemmings te voorspel

Belangrik: As jou toestel stembeheer het, kan jy "Ja" of "Nee" sê of die Ja- of Nee-knoppie kies.

Sou jou toestel vra "Op pad na X?", waar X 'n bestemming is, het jy 12 sekondes om ja of nee te antwoord.

Wenk: As jy nie ja of nee antwoord nie, aanvaar jou Rider dis ja.

Om ja te antwoord, sê "Ja" of kies Ja. Jou toestel beplan 'n roete na jou bestemming.

Om nee te antwoord, sê "Nee", kies Nee of tik op die skerm om weer by die kaart uit te kom.

Skakel voorspelde bestemmings aan of af

Jy kan voorspelde bestemmings op enige tydstip aan- of afskakel. Sien Roetebeplanning en Stembeheer (as jou toestel stembeheer het) vir inligting oor hoe om hierdie kenmerk aan of af te skakel.