TomTom-rekening

Om inhoud af te laai en TomTom-dienste te gebruik, het jy 'n TomTom-rekening nodig.

Jy kan via jou rekenaar 'n rekening op een van die volgende maniere skep:

So nie kan jy 'n rekening skep deur die TomTom MyDrive-app vir iOS of Android op jou slimfoon te gebruik. Om hierdie metode te gebruik, moet jou navigasietoestel met TomTom-dienste kan verbind, en benodig jy 'n slimfoon met 'n dataplan vanaf 'n selfoondiensverskaffer.

Belangrik: Wanneer jy 'n rekening skep, dra sorg wanneer jy gevra word om 'n land te kies. Die korrekte land is nodig wanneer jy aankope by die TomTom-winkel wil doen en kan nie verander word nadat die rekening geskep is nie.

Let wel: Indien jy meer as een TomTom-navigasietoestel het, word 'n afsonderlike rekening vir elke toestel benodig.