Skakel aan en af

Skakel jou toestel aan

Druk die aan/af-knoppie totdat jou toestel begin. As die toestel af was, sien jy die kaartaansig. As jou toestel onaktief was, sien jy die laaste skerm waarna jy gekyk het.

Skakel jou toestel oor na onaktiewe modus

Om jou toestel na onaktiewe modus oor te skakel, druk die aan/af-knoppie en laat los dit dan.

Jy kan ook die aan/af-knoppie vir langer as 2 sekondes druk totdat jy die 'Onaktief'- en 'Skakel af'-knoppies sien. Kies Onaktief om die toestel na onaktiewe modus oor te skakel.

Wenk: Om jou navigasietoestel na onaktiewe modus oor te skakel wanneer die USB-kabel uitgeprop is of sodra dit uit die hegstuk gelig word, gaan na Battery-instellings in die Instellingskieslys.

Skakel jou toestel heeltemal af

Om jou toestel heeltemal af te skakel, kan jy een van die volgende doen: