Opstelling van MyDrive Connect

Om gerat te wees om MyDrive vir die eerste keer te gebruik, doen die volgende:

Maak 'n webblaaier op jou rekenaar oop en gaan na.tomtom.com/getstarted.

  1. Klik Begin
  2. klik Laai MyDrive Connect af.
  3. Volg die instruksies op die skerm.
  4. Wanneer jy gepor word, koppel jou Rider aan jou rekenaar via die voorsiene USB-kabel, en skakel dan jou Rider aan.

    Let wel: Gebruik SLEGS die USB-kabel wat saam met jou toestel Rider voorsien word. Ander USB-kabels sal dalk nie werk nie.

    Let wel: Vir toestelle met 'n afsonderlike hegstuk kan jy nie die hegstuk gebruik om jou Rider met jou rekenaar te verbind nie.

    Let wel: Jy moet die USB-kabel direk by die USB-poort op jou rekenaar inprop en nie by 'n USB-naaf of USB-poort op 'n sleutelbord of skerm nie.

  5. Voer die verlangde inligting vir die skep van 'n rekening in, met inbegrip van jou land.

    Sodra opstelling afgehandel is, word 'n TomTom-rekening geskep en word jou Rider met daardie rekening verbind.

    Jy kan nou vanuit die kennisgewingsarea op jou rekenaar toegang tot MyDrive Connect verkry.

    MyDrive Connect begin outomaties sodra die rekening geskep is.

    Wenk: Wanneer jy jou Rider aan jou rekenaar koppel, sal MyDrive jou verwittig as daar enige bywerkings vir jou Rider is.