Rapporteer 'n risiko-sone

As jy by 'n nuwe tydelike risiko-sone verby ry waarteen jy nie gewaarsku is nie, kan jy dit oombliklik rapporteer.

Let wel: Om 'n risiko-sone te rapporteer, moet jy met TomTom-dienste verbind en by jou TomTom-rekening aangemeld wees.

As 'n nuwe tydelike risiko-sone direk voor of na 'n bestaande risiko- of gevaarsone gerapporteer word, sal die nuwe sone by die bestaande sone gevoeg word. Die risiko-sone word outomaties op jou toestel gestoor, en ook aan ander gebruikers gestuur. 'n Gerapporteerde risiko-sone bly op jou toestel vir drie ure.

As genoeg Gevaarsone-gebruikers 'n nuwe risiko-sone rapporteer, kan daardie sone 'n gevaarsone word en tot alle intekenare se beskikking gestel word.

Jy kan 'n risiko-sone op die volgende maniere aanmeld:

Gebruik die spoedpaneel om 'n risiko-sone te rapporteer

  1. Kies die simbool vir risiko-sones op die spoedpaneel in die leidingaansig.

    Jy sien 'n boodskap wat jou vir die rapportering van die sone bedank.

    Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n spoedkamera rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.

Gebruik die kitskieslys om 'n risiko-sone te rapporteer

  1. Kies die "huidige ligging"-simbool of die spoedpaneel in die leidingaansig.
  2. Kies Rapporteer risiko-sone vanuit die opwipkieslys.

    Jy sien 'n boodskap wat jou vir die byvoeging van die risiko-sone bedank.

    Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n risiko-sone rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.