Rapporteer 'n nuwe spoedkamera

As jy by 'n nuwe spoedkamera verby ry waarteen jy nie gewaarsku is nie, kan jy dit oombliklik rapporteer. Die spoedkamera word outomaties op jou toestel gestoor, en ook aan ander gebruikers gestuur.

Let wel: Om 'n spoedkamera te rapporteer, moet jy met TomTom-dienste verbind en by jou TomTom-rekening aangemeld wees.

Jy kan spoedkameras op die volgende maniere rapporteer:

Gebruik die spoedpaneel om 'n spoedkamera te rapporteer

  1. Kies die spoedkamera-simbool op die spoedpaneel in die leidingaansig.

    Jy sien 'n boodskap wat jou vir die rapportering van die kamera bedank.

    Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n spoedkamera rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.

Gebruik die kitskieslys om 'n spoedkamera te rapporteer

  1. Kies die "huidige ligging"-simbool of die spoedpaneel in die leidingaansig.
  2. Kies Rapporteer kamera vanuit die opwipkieslys.

    Jy sien 'n boodskap wat jou vir die byvoeging van die kamera bedank.

    Wenk: As jy 'n fout maak wanneer jy 'n spoedkamera rapporteer, kies Kanselleer in die boodskap.