Beplan 'n roete na 'n PVB

SLEGS STAPSGEWYSE SOEKTOG

Belangrik: In die belang van veiligheid, en om te verhoed dat jou aandag afgelei word terwyl jy bestuur, moet jy altyd 'n roete beplan vóór jy begin ry.

Om via soek 'n roete na 'n tipe PVB of 'n spesifieke PVB te beplan, doen die volgende:

  1. Kies die Hoofkieslys-knoppie om die hoofkieslys oop te maak.

  2. Kies Ry na.

  3. Kies Plek van belang.

    Jy kan die instelling vir 'n land of staat verander deur op die vlaggie te tik voor jy 'n stad kies.

  4. Kies waar gesoek moet word. Jy het 'n keuse van een van die volgende opsies:

    - Naby my.

    - In dorp of stad.

    - Langs roete, as jy 'n roete beplan het.

    - Naby bestemming, as jy 'n roete beplan het.

    - Naby punt op kaart, as jy 'n punt op die kaart gekies het.

    - Naby vertrekpunt, as jy 'n roete of 'n "track" beplan het.

  5. Tik die naam in van die plek waarheen jy 'n roete wil beplan.

    Wenk: As jy 'n lettersleutel op die sleutelbord druk en hou, verkry jy toegang tot ekstra karakters mits hulle beskikbaar is. Byvoorbeeld, druk en hou die letter "e" om toegang tot die karakters 3 e è é ê ë en meer te verkry.

    Jy kan vir 'n tipe PVB (Plek van belang) soos 'n restaurant of besienswaardigheid soek. So nie kan jy na 'n spesifieke PVB soek, byvoorbeeld "Rosie's Pizzeria".

    Namate jy tik, word voorstelle gewys gegrond op dit wat jy ingetik het.

  6. Kies 'n PVB-tipe of 'n individuele PVB. As jy 'n PVB-tipe gekies het, kies 'n PVB.

    Die ligging word op die kaart gewys.

  7. Om meer inligting oor die PVB te sien, kies die PVB op die kaart en kies dan die opwipkieslys-knoppie. Kies Meer inligting op die opwipkieslys.

    Jy sien meer inligting oor die PVB soos die telefoonnommer, volledige adres en e-pos.

  8. Om 'n roete na hierdie bestemming te beplan, kies Ry.

    'n Roete word beplan en daarna begin begeleiding na jou bestemming. Sodra jy begin ry, word die leidingaansig outomaties gewys.

    Wenk: As jou bestemming in 'n ander tydsone is, sien jy 'n plus (+)- of 'n minus (-)-teken en die tydsverskil word in ure en halfure in die Bestemmingspaneel gewys. Die beraamde tyd van aankoms is die plaaslike tyd by jou bestemming.

    Wenk: Jy kan 'n stilhouplek by 'n roete voeg wat jy reeds beplan het.

    Wenk: Jy kan 'n roete via My roetes stoor.